Informasie oor die Kosmark, Kunsmark en Pretpark.
Vanjaar vier ons die Gariep Kunstefees se soetsappige sestiende verjaarsdag. Siende dat die fees sy amptelike tienerjare betree, het ons ’n uiters gepaste tema gekies, naamlik: TOONAANGEWEND… sommer lekker!
Tydens vanjaar se Gariep Kunstefees gaan die kos- en kunsmark feesgangers se sintuie lekker terg. Die fees bied ’n TOONAANGEWENDE, fassinerende mengsel van al die beste eetgoedjies en beeldskone kuns. Nasionale en plaaslike entrepreneurs vanuit elke hoek van Suid-Afrika kom in Kimberley bymekaar om feesgangers mee te voer met hul unieke en diverse vaardighede. Die kos- en kunsmark open daagliks om 10:00. Die kunsmark sluit reeds om 21:00, terwyl die kosmarkstalletjies eers na die laaste vertonings op die terrein sal sluit. Op Sondag sluit die kos- en kunsmark egter reeds om 14:00. Dit is ’n fees van kos en kuns en die kersie op die koek vir elke feesganger wat wil kyk, koop en kuier!
Die pretpark is ook jaarliks ’n baie groot trekpleister vir almal, jonk en oud. Kom herontdek die avontuur van die pretpark met ritte vir elke smaak en gier. Die pretpark open daagliks om 10:00 en sluit weer om 21:00 behalwe op Sondag wanneer die pret 14:00 moet afsluit.
Dis nou… sommer lekker!
Uit die 2015 Gariep Geite – Jaargang 16
KLIK HIER VIR PRORAMME, TOEGANG EN ALGEMENE INLIGTING
Shortlink for this post: https://www.kimberley.org.za/?p=5136