Header
Latest News
Home / News / Municipal Related Notices / Response to The DFA Article “Do not open Road”
Amphibic Design - Websites - Graphibic Design

Response to The DFA Article “Do not open Road”

Today’s letter in the DFA is councillor Johan Smit’s response to the article in the DFA of 5 February 2016, “Do not open Road” on the response from De Beers to the Sol Plaatje Decision to reopen Bultfontein Road.

“Waaroor gaan die vreeslike bohaai?
Hoewel daar ‘n besluit geneem is deur Sol Plaatje se rampbestuur dat die pad gesluit moes word so ‘n paar jaar gelede, het dit nog nooit gerealiseer nie.
Daar is randstene dwars oor die pad gebou wat geïsoleer moes word vir verkeer en padverkeersborde aangebring wat dit duidelik gemaak het dat geen voertuie op die pad mag ry nie. Steeds is die loopwee oop gelos vir voetgangers.
Wil dus voorkom of voetgangers glad nie groot waarde vir rampbestuur het nie.
Paar weke nadat die borde en randstene aangebring is het lede van die publiek die randstene oopgebreek en die padverkeersborde verwyder en is die pad gebruik deur dig by ‘n duisend taxi’s en is derduisende pendelaars daagliks daar afgelaai.
As die veiligheid en sluiting van die pad soveel gewig gedra het, sou wetstoepassing toegepas gewees het en die taxi’s asook alle mense wat die area betree sou verwyder geword het.
Hoekom is daardie area nooit afgeskerm deur ‘n sinvolle heining wat alle aktiwiteite daar sou afskerm nie.
Nee! Hier is ‘n fout begaan en iemand moet verantwoordelik gehou word vir die besluit wat geneem is om die pad te sluit as gevolg van veiligheid maar van die begin af soos ‘n dooie lam hanteer is. Die hele aangeleentheid is van die begin af ‘n dood gebore gemors.
As ‘n plek onveilig verklaar is word dit afgesper sodat geen lewende wese daar mag beweeg nie. Dis nooit gedoen nie en polisiëring is nooit toegepas nie.
As daar ‘n wakker regsgeleerde die saak voor die hof stel, gaan hier ‘n paar groot koppe rol.
Die hele aangeleentheid is van die begin af uiters laks hanteer.
En wat van die besighede wat oor die tyd hul deur moes sluit en gestroop is van inkomste.
Hier kom ‘n ding.
De Beers weet die hele tyd dat die pad eintlik nooit gesluit was nie en dat dit daagliks deur duisende mense gebruik word, maar wil nou ook weer op die wa spring en ‘n eiertjie lê dat die pad nie oopgemaak moet word nie. Hoe blind kan hulle hulself nie hou nie”

Councillor Johan Smit

(Reproduced from a copy published by the author on February 8, 2016)

Aeon Computer Kimberley

About Webmaster

x

Check Also

TEMPORARY WATER INTERRUPTION 11/03/2024 – Homestead

UPDATE: 11 March 2024 – 16:00 TEMPORARY WATER SUPPLY INTERRUPTION IN PARTS ...

Kimberley Power Outage – 07/03/2024

UPDATE: 7 MARCH 2024 – 15:30 Hogsback Substation The municipality is currently ...