Header
Latest News
Home / News / Municipal Related Notices / Johan Smit on Kimberley Water Problems
Amphibic Design - Websites - Graphibic Design
Johan Smit - Kimberley

Johan Smit on Kimberley Water Problems

Kimberley 10 Jan 2018 – Johan Smit is a former Sol Plaatje Municipal Councillor.  He has excellent knowledge on the inner workings of Kimberley Water Infrastructure.  Below is Johan’s take on the water supply challenges in Kimberley.

Waterprobleme in die somermaande is geen nuwe ding in Kimberley nie.
Dit vind elke jaar in die somermaande plaas vir solank ek al in Kimberley woon.
Die aanvraag is hoër as wat die waternetwerk kan voorsien.
Vir die geringste probleempie aan die toevoer vanaf Riverton soos ‘n pomp wat ingee of wat ook al, val die beskikbaarheid van water plat.
‘n Oplossing van Sol Plaatje se kant daarvoor is daar nie vir die nabye jare wat kom nie.
Ons as inwoners/ belastingbetales moet self aksies in plek sit om dit te oorbrug deur te belê in bv ‘n watertenk en drukpomp.
Ek het reeds verskyn jare gelede die besluit geneem vir gemoedsrus oor sulke dae.

Bo en behalwe die normale somermaande waterprobleme lê die volgende waterprobleem net hier om die draai vir ons en wag.
Kontrakteurs is besig om die ou pype netwerk te vervang by Newton reservoir.
Die voorbereiding is al vêr gevorder vir die oorskakeling na die nuwe pype.
Op hierdie stadium is daar plek plek lekke in die Newton reservoir omgewing wat party inwoners erg ontstel . Dit gaan definitief nie nou teen hoë koste herstel word nie want die oorskakeling na die nuwe pype gaan binnekort plaasvind.
Die uitsny van die ou pype en die koppel van die nuwe pype netwerk, kan van einde Januarie enige tyd begin geskied.

Ek het die hele proses sorgvuldig meegemaak van die begin tot nou.
Ek kan een en elk waarborg dat dit uiter professioneel hanteer word deur hierdie kontrakteur.
Die feite is dat dit definitief ontwrigting van watertoevoer na die grootste gedeeltes van die woonbuurte in Sol Plaatje se woonbuurte gaan veroorsaak as die oorskakeling vanaf die ou pype na die nuwe netwerk gedoen gaan word.

Ek wil voortydig waarsku dat inwoners hulle sal vergewis van die ontwrigting wat gaan plaasvind.
Ek sal so vêr moontlik die vordering op my groepies opdateer.
Ek wil my nek uitsteek aan die hand van ondervinding en sê dat die ontwrigting van water beskikbaarheid by tye van oorskakeling verskeie dae gaan duur.
Kry dus solank planne by jul woning in plek om gedurende hierdie tyd selfonderhoudend te wees.
Kom ons hou maar die skerp tonge agter toe lippe oor die tyd wat die konstruksie duur by Newton reservoir
Daar gaan baie morswater in Waterworksstraat afloop oor die volgende maand of wat, maar daarna behoort die Newton reservoir omgewing droog te wees.
As daar aan ‘n waterpyp gewerk word, is daar altyd water wat vermors gaan word.
Kom ons hoop dat daar dan begin gaan word met die vervraaiing van hierdie seer oog.

Also read

https://www.kimberley.org.za/kimberley-low-water-levels-01-2018/

 

Aeon Computer Kimberley

About Johan Smit

x

Check Also

Kimberley Temporary Water Shutdown – 30 November 2019

Water Interruption To Increase Newton Levels An urgent appeal is being made ...

TEMPORARY ROAD CLOSURE 25/11/2019 – Phakamile Mabija Road & Hull Street

UPDATE: 25/11/2019 – 08:00 ROAD CLOSURE: INTERSECTION OF PHAKAMILE MABIJA & HULL ...

Website by amphibic.design