Header
Latest News
Home / Information / Community Services / Droë kranne maar hoop en liefdadigheid vloei in Stad.
Amphibic Design - Websites - Graphibic Design

Droë kranne maar hoop en liefdadigheid vloei in Stad.

Die week het Kimberliete die ergste droogte ooit in jare beleef maar nes met laasjaar se vloed het verskillende individue en groepe in hulle persoonlike kapasiteit uitgereik na mekaar om ‘n helpende hand te leen.
Daar is talle stories van hoe gewone mense moeite gemaak het om ander wat minder bevoorreg of onvoorbereid was te help. Water was daar van niks in die krane en talle het gesukkel maar waar daar ‘n tekort was van die basiese behoefte van water was daar van liefdadigheid oorvloed. Mense het na mekaar uitgereik op sosiale netwerk om hulp te verleen aan diegene wat te ver was of dit onmoontlik gevind het om tot by ‘n water punt uit te kom. Dit was baie gou duidelik dat die Munisipaliteit nie die situasie antisipeer het nie en dus kon hulle nie die water tekort vermy nie. Sol Plaatjie het wel reëlings getref om die stad vir die naweek gedurende hulle op graderings projek te voorsien met water maar na ‘n droë naweek was kimberliete se dors net te groot en was die water van Maandag oggend net te min. Volgens Sol Plaatjie het die groot aanvraag gelei tot die water tekort wat die Newton reserwes dolleeg gelaat het. Daar was ‘n hoë gebruik van water en mense het onwetend die water wat hulle gehad het opgebruik. Op Saam Staan Kimberley, ‘n Facebook blad wat ook handel met gemeenskap diens het dit gegons. Mense was in die donker en wou weet wat gaan aan maar ander soos Linja van wyk, Sharon Steyn en James Gird van Kimberley portal het tot aksie gespring met informasie en hulp. Daar was ook Afriforum en die buurt wagte wat met ‘n militêre soort noukeurigheid, operasie “Water vir Kimberley” geloods het. Jojo tanks was strategies op verskeie plekke geplaas en die eienaar van hancor het selfs vir die publiek sap gegee. Die dors van Kimberley was op so ‘n manier tot ‘n mate geles. Terwyl Sol Plaatjie druk besig was om die probleem op te los het die onselfsugtige individue bewys dat die diamant stad glad nie sy glans verloor het nie , nee kyk nie eens die droogte sal verhoed dat Kimberley se lig dof skyn nie want in tye van nood dan skitter sy diamante blinker as ooit en dit wys net dat Kimberley kan saam staan.
‘n Groot dankie aan ieder en elk wat uit hulle pad gegaan het hierdie week om te help en mag die water probleem spoedig opgelos word want Kimberliete smag na ‘n lekker lang bad.


Eric Kok

Aeon Computer Kimberley

About Eric R Kok

x

Check Also

POSTPONED – TEMPORARY ROAD CLOSURES for Water Shutdown – 5-7 May 2023

UPDATE: 4 May 2023 – 15:10 Due to the postponement of the ...

POSTPONED – PLANNED WATER INTERRUPTION – 4-7 MAY 2023

PLANNED WATER INTERRUPTION POSTPONED UPDATE: 4 May 2023 – 14:17 As per ...