Cassandra Water Outages Feedback from Hennie Harding of Sol Plaatje Municipality Waterworks Department via Johan Smit of the DA.
Johan Smit “Ek het vandag Cassandra se vreeslike hoeveelhede pype wat bars met Hennie Harding gaan bespreek soos belowe. Ek het hom in Galeshewe opgespoor en hom toe gepeper met die vrae.
Vraag: Hoekom bars die pype so in Cassandra die laaste tyd.
Antwoord: Die ou toevoer van Cassandra was soos ‘n sif van al die gate. Hierdie ou voos stuk toevoer pyp is ontkoppel. Cassandra word nou van twee ander pype af gevoer. Die druk deur die dag is so by die 4 bar, maar in die nag as daar geen water gebruik word nie styg die druk na hier by die 6 bar. Dis dan wanneer die pype so bars. Die totale pype netwerk in Cassandra is maar erg vrot en kan nie die effe hoër druk hanteer nie.
Vraag: Wat gaan julle doen rakende die probleem?
Antwoord: Daar gaan “pressure control valves” in die toevoer lyne geïnstalleer word. Die tipe kleppe is nie maklik bekombaar nie. Navrae is reeds by verskeie verskaffers gedoen.
Vraag: Wat gaan gedoen word om sypaadjies te rehabiliteer wat hier beskadig is.
Antwoord: Daar sal herstelwerk gedoen word aan plekke wat beskadig is. Dit is ongelukkig ‘n ander afdeling wat vir die rehabilitasie van beskadigde infrastruktuur verantwoordelik is, maar daar is reeds al met die voorman kontak gemaak en die probleem is met hulle bespreek.”
Shortlink for this post: https://www.kimberley.org.za/?p=5658