Header
Latest News
Home / News / General News / First confirmed death from earthquake in Orkney
Amphibic Design - Websites - Graphibic Design

First confirmed death from earthquake in Orkney

Daar is een mens dood na die aardskudding in Orkney.  ER24 reddingswerkers het dit bevestig.

“’n Man van 31 is dood aangetref op ’n ou myndorpie by Orkney, Noordwes,” sê Luyanda Majija, ’n ER24-woordvoerder. “Hy het onder puin gelê.”

Daar is vermoedelik 11 mynwerkers in skagte vasgekeer op die myndorpie.  Reddingswerkers is opsoek na die slagoffers.

Luyanda sê ook dat hulle nuus ontvang het dat die skudding ‘n beduidende impak op een myn gehad het.

“Ons span is op pad na die myn waar mynwerkers vermoedelik in 11 skagte vasgekeer is,” het Luyanda gesê.

Die naam van die myn kan nog nie bekend gemaak word nie.

Die aardbewing is bevestig deur Geologiese Opnames van die Verenigde State, dat dit ‘n aardbewing was wat 5.3 op die Richterskaal gemeet het.

Die skudding het sowat ‘n minuut lank geduur en is in verskeie dele van die land gevoel.  Geboue het geskud, vensters het gekletter en geboue is gevolglik ontruim

Oliver Parker, ‘n ingenieursgeoloog het eNCA vertel dat dit ‘n aardbewing was en het die geskiedenis van aardbewings op die subkontinent in diepte verduidelik.

Twitter was oorval met boodskappe van geboue wat ontruim is in Johannesburg.

Daar is ook mense in Durban Bay House, ‘n 32 verdieping hoë gebou, een van die land se hoogstes, ontruim vir veiligheidsmaatreëls.

Aeon Computer Kimberley

About James Gird

x

Check Also

Today in Kimberley South Africa - Weather News Events 2020/04/04

KimberleyToday, Saturday 04/04/2020

🗓#KimberleyToday, Saturday 04/04/2020 https://www.kimberley.org.za/?p=26428 TODAY’S WEATHER, EVENTS, SPECIALS & PROMOTIONS Click https://chat.whatsapp.com/LXrEgN7tGYB1FwTZxAOUsn ...

Today in Kimberley South Africa - Weather News Events 2020/04/03

KimberleyToday, Friday 03/04/2020

🗓#KimberleyToday, Friday 03/04/2020 https://www.kimberley.org.za/?p=26423 TODAY’S WEATHER, EVENTS, SPECIALS & PROMOTIONS Click https://chat.whatsapp.com/LXrEgN7tGYB1FwTZxAOUsn ...

Website by amphibic.design