Header
Latest News
Home / News / General News / Taxi crashes into Building 26/01/2016
Amphibic Design - Websites - Graphibic Design

Taxi crashes into Building 26/01/2016

A taxi in the CBD area apparently lost control this afternoon and crashed into a building in Bean Street where Hugo, Mathewson and Oosthuizen Attorneys are located. No serious injuries were reported.

Original information and photo by Gerhard van Vuuren on Saam Staan Kimberley.

Eye Witness Reports:
Alida Ekkerd “Taxi se deur foutief, toe hy om draai kom val deur oop waaraan hy toe hang, los maar die stuurwiel, verloor beheer en bo-op sypaadjie binne gebou vas – een vrou voor ingang van prokureurs gestamp dat sy trek! Darem het net haar arm seergekry en gebreek , kon erger wees! “

Updates will be posted here when available.

PT-20160126-Taxi_crashes_into_Hugo_Mathewson_Oosthuizen_Attorneys

UPDATE 16:05 from Gerhard van Vuuren
Damages almost completely repaired.

PT-20160126-Taxi_crashes_into_Hugo_Mathewson_Oosthuizen_Attorneys

Update from the Noordkaap Koerant

Noordkaap koerant
Charné Kemp

Kimberley. – Verkeer is Dinsdagmiddag in Beanstraat tot stilstand geruk toe ’n bestuurderlose taxi teen ’n regsfirma se voordeur gebots en ’n kliënt ernstig beseer is.
Die voertuig het die kliënt getref terwyl sy gebukkend op die sypaadjie gestaan het om ’n dokument onder die voordeur van die regsfirma te stoot.
Die slagoffer se ma, wat nie haar naam bekend wil maak nie, sê “die dokters sê ons moet ons knieë bid en dankbaar wees dat sy nie dood is nie”.
“Die voertuig het my dogter deur die muur en voordeur van die regsfirma gedruk.
“Haar arms en bene is erg beseer. Haar milt is nie beskadig nie. Sy gaan nog verdere toetse by die Kimberley-hospitaal ondergaan.”
Pierre Hugo, een van die direkteure by Hugo, Mathewson & Oosthuizen, sê sy personeel het hom net ná die voorval gebel en gesê hy moet dadelik na die kantoor terugkeer.
“Twee van die personeellede was ten tyde van die voorval agter in die kantoor. Die ontvangs was gelukkig leeg.
“Ons glasvoordeur is flenters. Dit is net glas waar jy kyk. Die een muur lê baie skeef, en die ander een is erg gebars. Ons het bouers laat inkom om die praktyk vir sekuriteitsredes te beveilig. Ons sal die mure moet laat oorbou.”
Lt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 13:45 gebeur.
“Ons vermoed die voertuig se bestuurder (52) het links uit Chapelstraat in Beanstraat ingedraai toe een van sy deure oopgegaan en hy uitgeslinger is. Daar was geen passasiers in die taxi nie.
“Die voertuig het ’n vrou (27) getref wat voor die regspraktyk op die sypaadjie gestaan het, en het daarna teen die gebou gebots. Die voetganger en die bestuurder is na die hospitaal vir behandeling gebring.

Aeon Computer Kimberley

About Jonathan Dimond

x

Check Also

TEMPORARY ROAD CLOSURES for Water Shutdown – 7-10 October 2022

ROAD CLOSURES DURING WATER SHUTDOWN – 7-10 October 2022 The Sol Plaatje ...

TEMPORARY ROAD CLOSURE – Cnr Phakamile & Dutoitspan Road – 11 August 2022

Please take note that motorists are advised that as from this morning ...